Gaia (ruimtetuig)

Gaia
’n Model van die Gaia-ruimtetuig.
’n Model van die Gaia-ruimtetuig.
Gelanseer deur ESA
Vuurpyl Soyuz ST-B/Fregat-MT
Datum 19 Desember 2013[1]
Tipe sending Ruimtesterrewag
Plek Son-Aarde se L2
Duur van sending Oorspronklik beplan vir 5 jaar;[2] verleng met twee tot vier jaar[3] tot omstreeks 2022
Instrument Teleskoop
Grootte 4,6 m × 2,3 m
Massa 1 392 kg
Krag 1910 W
Wentelperiode 180 dae
Periapside 263 000 km
Apoapside 707 000 km
Webtuiste sci.esa.int/gaia

Gaia is ’n ruimtesterrewag van die Europese Ruimtevaartorganisasie (ESA) wat in 2013 gelanseer is en na verwagting tot omstreeks 2022 werksaam sal wees. Die doel van die ruimtetuig is om die noukeurigste driedimensionale kaart nog van die hele Melkweg saam te stel. Gaia moet die posisies, afstande en snelhede van meer as ’n miljard voorwerpe (hoofsaaklik sterre, maar onder meer ook planete, komete, asteroïdes en kwasars)[4] bepaal met ’n noukeurigheid van sowat ’n 10 miljoenste boogsekonde.[5][6] Hiervoor het dit die grootste digitale kamera wat nog gebou is, met ’n resolusie van 1 gigapieksel.

  1. "Gaia Liftoff" (in Engels). ESA. 19 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020.
  2. "Gaia: fact sheet" (in Engels). ESA. 24 Junie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2019.
  3. Extended life for ESA's science missions, 14 November 2018, http://sci.esa.int/director-desk/60943-extended-life-for-esas-science-missions/, besoek op 14 November 2018 
  4. Overbye, Dennis (1 Mei 2018). "Gaia's Map of 1.3 Billion Stars Makes for a Milky Way in a Bottle". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op 1 Mei 2018.
  5. "ESA Gaia home". ESA. Besoek op 23 Oktober 2013.
  6. Spie (2014). "Timo Prusti plenary: Gaia: Scientific In-orbit Performance". SPIE Newsroom. doi:10.1117/2.3201407.13.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search